Blog
Die AVBOB Poësiekompetisie en Poësiegala 2021
Fri, 13 August 2021
Die AVBOB Poësieprojek het die wenners van die vierde AVBOB Poësiekompetisie op Dinsdagaand 17 Augustus tydens ’n stylvolle geleentheid aangekondig en gevier. Die wenners in al 11 taalkategorieë het elk ’n kontantprys van R10 000 en ’n R2 500-boekgeskenkbewys ontvang. Die gedigte van die drie finaliste in elke taalkategorie is ook opgeneem in die jaarlikse bloemlesing, I wish I’d said … Vol. 4, wat bekendgestel is by hierdie roerende en opbouende geleentheid wat lewendig op sosiale media gestroom is.
Compère Rozanne McKenzie het die verrigtinge geopen met ’n verwysing na die verstommende toename in jong digters wat die kompetisie oorheers het – 84% van die finaliste was digters van 35 en jonger. “In elke kategorie, behalwe Afrikaans en Engels, is die wenner ’n jong digter!” het sy gesê. “Dit spreek boekdele oor jongmense wat hul moedertaal praat. Dit vertoon ook die onontginde potensiaal van ons land se jeug, wat ’n groot bron van hoop vir die toekoms is.”
Dié woorde is opgevolg deur aangrypende en lewenskragtige musikale vermaak. Kontrabasspeler Viwe Mkizana se ostinato-solo het die oproep-en-reaksie-duo saam met die sanger-digter Mo Afrika ’a Mokgathi afgerond. Haar welluidende refrein, “My people don’t die”, was ’n inspirerende geloofsverklaring wat die veerkragtigheid en moed van digters en die digkuns weerspieël.
Volgens die AVBOB-bestuurshoof, Carl van der Riet, was COVID-19 ’n strawwe toets. Hy het simpatie en vertroosting uitgespreek teenoor almal wat deur die pandemie geraak is en het sy ondersteuning aan alle personeellede en rolspelers bevestig.
Van der Riet het gesê die AVBOB Poësieprojek is in Julie 2017 aangekondig met dié duidelike doelwit: “Om aan dié wat sprakeloos agtergelaat is weens hul verlies te voorsien van gedigte wat hul lyding verwoord. Die AVBOB Poësieprojek het dié benadering sedertdien voortgesit, wat ’n geloof in ubuntu insluit. Ons glo dat, deur dit vir elkeen van ons moontlik te maak om sy eie menslikheid te besef en te begryp, en dit deur ánder se menslikheid, dra ons by tot ons eie genesing en vernuwing, sowel as dié van ons gemeenskappe.”
Oor die merkwaardige groei van 35% in die getal 2020-inskrywings, naamlik 7 124 digters wat altesame 41 149 gedigte ingestuur het, het hy genoem dat dit byna presies dubbel die getal is wat in 2017, die eerste kompetisiejaar, voorgelê is. “In die afgelope vier jaar is altesame 121 629 gedigte ingedien en die aanlyn-AVBOB Poësiebiblioteek bevat nou meer as 14 000 gekeurde gedigte van bemoediging.” Hierdie werke is vryelik beskikbaar vir die publiek vir gebruik by begrafnisse en gedenkdienste, of net om te lees in daardie oomblikke wanneer inspirasie en vertroosting nodig is.
Vir elk van die 4 100 nuwe gedigte wat in 2020 tot die AVBOB Poësiebiblioteek toegevoeg is, het die digter ’n gebruikstarief van R300 ontvang. “Dit is gelykstaande aan ’n belegging in Suid-Afrikaanse digters van R1 230 000, ’n bewys dat AVBOB hom verbind het tot troos aan die treurendes,”het Van der Riet gesê.
Douglas Reid Skinner, Engels-redakteur en medevertaler van die wengedigte, het uit Londen gesê hy het ’n algehele verbetering in die gehalte van die 2020-inskrywings opgemerk, deurdat skrywers eerliker met hul emosies omgegaan het en verstegnies vaardiger was. Hy het die opvoedkundige waarde van die kompetisie aangeprys en gesê dat toekomstige wengedigte geskryf kan word indien digters eers die gedigte in die poësiebiblioteek lees. Hy het dit beklemtoon dat lees en studeer die enigste roete is tot die skryf van goeie poësie. “Daar is geen kortpaaie nie. Maklike uitweë bestaan nie.”
Hy het ook kommentaar gelewer op AVBOB se primêre rol om om te sien na oorledenes en bedroefdes, en sy sekondêre rol van ondersteuning aan opvoeding, die hoeksteen van enige gemeenskap. “Hulle plaas opgeknapte skeepsvraghouers vol boeke in skole om as biblioteke te dien, en hulle het al honderde miljoene rand aan die skole-infrastruktuurprojek geskenk. Hulle help om die toekoms te bou.”
Die jaarlikse bloemlesing, I wish I’d said … Vol. 4, wat by die aanlyngala bekendgestel is, is saamgestel deur die hoofredakteur, Johann de Lange, en die Sesotho-redakteur, Rethabile Possa-Mogoera. Die bevat die gedigte van die drie finaliste en ’n reeks opdraggedigte in elke amptelike taal, insluitende vier vertalings van Afrikaanse gedigte, geskryf deur Lynthia Julius, in !Xun Thali en Nama.
De Lange het gesê die gedigte wat in 2020 ontvang is, getuig van die manier waarop die pandemie die wêreld verander het, asook van gedeelde lyding. “Of dit ’n elegie of ’n grafskrif is, ’n jisei, haikoe of klaaglied, poësie bied vertroosting aan sterwendes en aan lewendes.”
In alfabetiese volgorde in elke taalkategorie is die 2021-AVBOB Poësie-pryswenners Jacques Coetzee (Afrikaans), Ann Scarborough Moore (Engels), Bongani Kleinbooi Skhosana (isiNdebele), Sinethemba Lusawana (isiXhosa), Hlulizitha Zwelihle Nxumalo (isiZulu), Tebogo Patricia Mamabolo (Sepedi), Thabang Khaba (Sesotho), Beauty Tlhabi (Setswana), Enocentia Matsebula (Siswati), Jeremiah Neluvhalani (Tshivenda) en Owen Maswanganye (Xitsonga).
Registreer aanlyn by www.avbobpoetry.co.za om aan die kompetisie deel te neem en om die gedigte in die poësiebiblioteek te lees. Om I Wish I’d Said … Vol. 4 te bestel, SMS die woord “poem” na 48423 (teen ’n standaardtarief van R1.50 per SMS) sodat dit aan jou gepos kan word teen die totale bedrag van R240. Dit is ook by die meeste vooraanstaade boekwinkels beskikbaar.
Die 2021-AVBOB Poësie-pryswenners:
In alfabetiese volgorde van die taalkategorie is die 2021-AVBOB Poësie-pryswenners die volgende:
PROFIELE: AVBOB POËSIE-PRYSWENNERS

TAALKATEGORIE: Afrikaans WENNER: Jacques Coetzee GEDIG: Doepa vir Allenigheid |
2de plek | 3de plek |
Maretha Maartens Gedig: Die Senotaaf van Emmaus |
Salvia Ockhuis Gedig: Koud |
TAALKATEGORIE: Engels WENNER: Ann Scarborough Moore GEDIG: The Message |
2de plek | 3de plek |
David Muirhead Gedig: Intervention |
Phelelani Makhanya Gedig: Covid-19 in the village |
TAALKATEGORIE: isiNdebele WENNER: Bongani Kleinbooi Skhosana GEDIG: Ungaweli Kude NoSomnini |
2de plek | 3de plek |
Happy T Skhosana Gedig: Indlela KaZimu Ithembekile |
Musawenkosi Mahlangu Gedig: Zifihle Kuye |
TAALKATEGORIE: isiXhosa WENNER: Sinethemba Lusawana POEM: Abongikazi |
2de plek | 3de plek |
Sisikelelwe Dlekana Gedig: Ulwimi lweenkobe |
Sinesipho Madywabe Gedig: Intliziyo lilwandle! Nqwa nothando |
TAALKATEGORIE: isiZulu WENNER: Hlulizitha Zwelihle Nxumalo GEDIG: Amathonsi okuvalelisa |
2de plek | 3de plek |
Sinenhlanhla Manzi Gedig: Isihlahla sempilo |
Nomthandazo Sithole Gedig: Engeqiwa ntwala |
TAALKATEGORIE: Sepedi WENNER: Tebogo Patricia Mamabolo GEDIG: Kabaganyo ya dithoto |
2de plek | 3de plek |
Kgalalelo Holliness Aphane Gedig: Di re tletše dimpa |
Mapule Ramaila Moswane Gedig: Mo tlogeleng |
TAALKATEGORIE: Sesotho WENNER: Thabang Khaba GEDIG: Re batla ditlwebelele |
2de plek | 3de plek |
Thabo Kane Gedig: Mme O Bohlokwa |
Lehlohonolo Mofokeng Gedig: O tla kgutsa neng? |
TAALKATEGORIE: Setswana WENNER: Beauty Tlhabi GEDIG: Ngwetsi ya malapa |
2de plek | 3de plek |
Siyabonga Clinton Koribe Gedig: Botlhoko |
Pontsho Moepeng Gedig: Loso wee! |
TAALKATEGORIE: Siswati WENNER: Enocentia Matsebula GEDIG: Kukhula kwembewu |
2de plek | 3de plek |
Lindelani Khumalo Gedig: Lubhubhane |
Beketele Mahlalela Gedig: Lohheya ndzini! |
TAALKATEGORIE: Tshivenḓa WENNER: Jeremiah Neluvhalani GEDIG: Hu ḓivha Ṅwali |
2de plek | 3de plek |
Sheila Maphalala Gedig: Lufu |
Elelwani Muthelo Gedig: Muswa |
TAALKATEGORIE: Xitsonga WENNER: Owen Maswanganye GEDIG: Ntshembo |
2de plek | 3de plek |
MR Mathye Gedig: A ndzi ku yi ta na mpfula |
Martin Ngobeni Gedig: U ri dlayisa ndlala |
PROFIELE: AVBOB POËSIE-PRYSWENNERS
Jacques Coetzee (Afrikaans) | |
Jacques Coetzee woon in Kaapstad saam met sy vrou en gidshond. Hy is ’n sanger-liedjieskrywer in die orkes Red Earth & Rust en ’n lektor in Engelse letterkunde by Unisa. Hy is die medeskrywer, saam met Barbara Fairhead, van ’n digbundel met die titel The Love Sheet, en sy debuutbundel, An Illuminated Darkness, is in 2020 deur uHlanga Press gepubliseer. |
Ann Scarborough Moore (Engels) | |
Ann Scarborough Moore is ’n grafiese en beeldende kunstenaar van Kenilworth in die Wes-Kaap. Sy was ’n finalis in die tweede kompetisie en het die eerste AVBOB-minikompetisie in Mei 2020 gewen. Haar woordskilderye bou brûe vir treurendes wat nie self hul gevoelens kan verwoord nie. Sy skryf al gedigte sedert sy ’n potlood kon vashou en het, ná ’n stilte van 34 jaar, weer dié kuns begin beoefen. Sy is oneindig dankbaar teenoor AVBOB wat die inspirasie was vir haar digterlike herlewing. |
Bongani Kleinbooi Skhosana (isiNdebele) | |
Bongani Kleinbooi Skhosana is ’n skoenhersteller wat vanuit sy huis in Manyebethwana, Mpumalanga, werk. Die 19de eeu is ryk aan skoenmaker-digters, maar hy is die eerste Suid-Afrikaanse digter op wie se skouers dié waardige mantel val. As gevolg van sy eie stryd teen depressie en pogings tot selfvertroosting ná verlies kan hy, deur sy gedigte, in die skoene staan van gebrokenes. Hy is dankbaar dat die AVBOB Poësiekompetisie vir hom ’n kans bied om treurendes te troos. |
Sinethemba Lusawana (isiXhosa) | |
Sinethemba Lusawana woon in Engcobo op die Oos-Kaapse platteland. Hy is ’n finalejaarstudent aan die Walter Sisulu Universiteit en kombineer sy ingenieurstudie met die skryf van poësie, soos die beroemde digters Athol Williams, Robert Berold en Resoketswe Manenzhe. Sy inskrywing is ’n huldeblyk aan die mediese personeel wat sentraal in die pandemie staan. Hulle is altyd in sy hart en sy gebede. Dis die eerste keer dat hy aan ’n poësiekompetisie deelneem. Om ’n wengedig te kan skryf, het sy wildste drome oortref. |
Hlulizitha Zwelihle Nxumalo (isiZulu) | |
Hlulizitha Zwelihle Nxumalo kom van Hlabisa in KZN. Hy werk as aankoper in die kleinhandelbedryf. Hy het sy pa verloor toe hy nog ’n kind was en het altyd gedink dat hy sy dood kon voorkom het as hy ’n volwassene met genoeg geld was. Vertroosting is die boodskap van sy wengedig. In navolging van die bekende isiZulu-digter Mzwhake Mbuli, ’n gesogte pryssanger by begrafnisse in die jare tagtig, het Hlulizitha sy roeping gevind deur lede van die gemeenskap met elegieë te vereer op versoek van sy vriende. |
Tebogo Mamabolo (Sepedi) | |
Tebogo Mamabolo is die tweede keer die wenner van die Sepedi-kategorie. Sy woon in Soshanguve, suid van Tshwane, en werk as ’n gehaltebeheerkonsultant in die farmaseutiese bedryf. Vanjaar doen sy in haar wengedig ’n beroep op mense om nie sonder ’n testament te sterf nie, om onenigheid tydens begrafnisse te voorkom. Sy glo dat die AVBOB Poësieprys haar gehelp het om haarself beter in haar skryfwerk uit te druk. |
Thabang Khaba (Sesotho) | |
Thabang Khaba van Matswakeng in die Vrystaat is ’n agterplaasboer wat vir homself werk, met die droogte as tema in sy poësie. In navolging van digters wat graag oor die plaaslewe skryf – soos Modikwe Dikobe, Charles Mungoshi en W.E.G. Louw – sê hy: “Ons het ’n permanente oplossing vir die waterkrisis nodig, sodat boere oeste van die lande kan afhaal, sodat lewende hawe nie van honger en dors doodgaan nie, en sodat mense toegang kan hê tot skoon water.” |
Beauty Tlhabi (Setswana) | |
Beauty Tlhabi van Thutlwane, Noordwes, is ’n kinderoppasser. Sy volg in die voetspore van die literêre reus Gcina Mhlope, wat aanvanklik as ’n huisbediende gewerk het. Toe sy as tiener by die Pene Botshelo Writers Forum aangesluit het, het Molebatsi Bosilong haar aangemoedig om haar liefde vir die geskrewe woord te ontgin. Haar wensonnet is ’n reaksie op die intense wanhoop oor die groot getal begrafnisse wat op dieselfde tyd as dié van ’n goeie vriend plaasgevind het. |
Enocentia Matsebula (Siswati) | |
Die jongste wenner in die kompetisie vanjaar is Enocentia Matsebula (17) van Kamhlushwa in Mpumalanga. Sy studeer tans vir ’n Internasionale Baccalaureusgraad by Waterford Kamhlaba in Eswatini. Sy hou daarvan om kortverhale en romans te skryf. Terwyl sy na haar babafoto’s in die familiealbum gekyk het, het sy besef hoe haar ouers se liefde en sorg haar gehelp het om ’n jong volwassene te word. Sy wou nog altyd graag aan ’n skryfkompetisie in haar moedertaal deelneem. |
Jeremiah Ṋeluvhalani (Tshivenḓa) | |
Jeremiah Ṋeluvhalani (21) from Ṱhohoyanḓou, Limpopo, het as tiener sy liefde vir die digkuns ontdek. Sonder ’n platform om sy passie te ontwikkel, het poësie vir hom net ’n stokperdjie gebly. Hy het gedigte begin skryf toe hy in 2019 van die AVBOB Poësiekompetisie gehoor het, en is dankbaar vir die geleentheid wat dit hom gebied het. Sy gedig is ’n reaksie op die verlies van sy geliefde oom, wat ’n steunpilaar in sy familie was. |
Owen Maswanganye (Xitsonga) | |
Owen Maswanganye, oorspronklik van Chudu, Limpopo, woon deesdae in Pimville, Soweto. Bedags werk hy as CNC-programmeerder, maar ná werk ontwaak die digter in hom. Hy volg in die voetspore van ander digter-programmeerders soos JM Coetzee en wyle Hugh Hodge. Hy glo dat poësie heling vir ons volk kan bring – fisiek en geestelik. Die AVBOB Poësiekompetisie gee hom die geleentheid om met ons land se mense in gesprek te tree. |